ActionSA sê president Cyril Ramaphosa moet steeds vir die Phala Phala-sage verantwoordelik gehou word. Die party se parlementêre koukusleier, Athol Trollip, sê dit is belangrik om die integriteit van die parlement te handhaaf.

Hy sê terwyl ander partye die opposisiebanke verlaat het om deel te wees van die regering van nasionale eenheid, sal ActionSA voortgaan om die parlement verantwoordbaar te hou en sal hulle hul mandaat as LP’s uitvoer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×