Die Onafhanklike Verkiesingskommissie, of OVK, het die jongste onthullings van partyskenkings bekend gemaak.
Luidens die verslag het ActionSA die hoogste hoeveelheid skenkings vir die vierde kwartaal van die 2022/2023-boekjaar ontvang.
Die party het meer as R3,7-miljoen rand ontvang, gevolg deur die ANC met net minder as twee miljoen rand, terwyl die DA net meer as R259 000 se skenkings ontvang het.
Daar word van politieke partye vereis om enige fondse wat hulle ontvang deur die Wet op Befondsing van Politieke Party aan die OVK bekend te maak.