Om met die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging weg te doen, is een van die kern-oorwegings wat by ActionSA se eerste beleidskonferensie ter sprake sal wees.
Die party meen dit moet vervang word met ‘n oplossing wat inklusiewe bemagtiging voorstaan.
Daadwerklike misdaadbekamping is ook op sy agenda.
Die oorweging van lewenslange tronkstraf sonder die moontlikheid van parool vir sekere kriminele oortredings is ook op die tafel.
Dit is lank reeds bekend dat Herman Mashaba, ActionSA se president, doodstraf as noodsaaklik beskou om misdaad in Suid-Afrika hok te slaan.
Die ActionSA-senaat het egter onlangs te kenne gegee dat die herinstelling van die doodstraf nie deel van sy partybeleid sal vorm nie.
Die beleidskonferensie word van 12 tot 14 September in Johannesburg gehou.