Waar is die regering van nasionale eenheid? wil Athol Trollip van ActionSA weet. Wat hom betref, is daar op hierdie dag, géén sprake hiervan in Suid-Afika nie. Hy sê aan Rosestad-nuus, hy kan nie sê of die DA sy kiesers verraai het nie. Wat hy wél kan sê, is dat die DA se verkiesingsveldtog berus het, op sy belofte om die land uit die ANC se hande te red.
Volgens hom het die DA beslis die Veelpartyhandves verraai, deur sy rug om gemeenskaplike ooreenkomste te draai. Maar, sê Trollip, dit is die pad vorentoe wat nou van belang is. Mens sal moet wag om te sien, of die nuwe regering hom daaraan gaan toewy om korrupsie, misdaad en armoede uit te roei. Die teendeel hiervan, sê Trollip, sal ‘n bestel van radikale populisme te wees.