Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, het aangedui dat indien sy party die algemene verkiesing aanstaande jaar wen, die kabinet aansienlik verklein sal word tot sowat 20 lede – en daar ook weggedoen sal word met adjunk-ministers. Mashaba het dit gesê in sy afsluitingstoespraak by die party se beleidskonferensie in Ekurhuleni aan die Oos-rand. SABC-nuus berig afgevaardigdes het elf beleidsvoorstelle bespreek, insluitend die stryd teen korrupsie. Hulle het hul kommer uitgespreek oor die stand van die regering en hervormings voorgestel. Mashaba sê daar sal nie meer plek vir neklêers wees nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×