Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê die ANC en opposisiepartye het Suid-Afrikaners die afgelope 30 jaar erg in die steek gelaat.

Mashaba het gistermiddag in Midrand sy party se laaste byeenkoms voor die verkiesing gehou en gesê Woensdag se verkiesing is ‘n stryd tussen die oue en die nuwe, ‘n keuse tussen vrees en verdeling of een vir hoop en geleenthede. Mashaba sê hy glo ActionSA kan die land verenig, mense moet net dapper genoeg wees om vir ‘n nuwe party te stem. Hy sê die land kan nog gered word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×