ActionSA sê in ʼn verklaring ʼn artikel wat gistermiddag aanlyn op die nuusdiens IOL gepubliseer is, het kwaadwillig voorgestel dat die party se leier, Herman Mashaba, die party mag verlaat.

Mashaba sê in die verklaring niks kan verder van die waarheid wees nie.

Hy beskryf dit as oneerlike en kwaadwillige beriggewing.

Die artikel poog glo om te suggereer dat daar konflik binne die party se leierskapstruktuur oor koalisies is.

Mashaba het gesê die party het wel besluit om sy benadering tot koalisies te hersien, maar daar is nie meningsverskille hieroor nie.

Hy het gesê ActionSA is gestig om ‘n alternatief vir die Suid-Afrikaanse mense te wees en dit bly sy missie en dié missie van elke leier in die party.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×