ActionSA se prokureur, Michael Herbst, sê president Cyril Ramaphosa se stelling dat die regering nie grondwetlik verplig is om Suid-Afrikaners van elektrisiteit te voorsien nie, is onwaar aangesien dit ʼn aandeelhouer in Eskom is.  President Ramaphosa het ‘n opponerende beëdigde verklaring ingedien in die saak wat deur die UDM en 17 ander aanhangig gemaak is.   Die partye wou hê die hof moet die regering se reaksie op beurtkrag as ongrondwetlik verklaar, en dat dit ‘n aantal fundamentele menseregte geskend het.  Dit was in reaksie op Ramaphosa se verklaring waarin hy sê nie een van die drie regeringsfere het die verantwoordelikheid om krag aan Suid-Afrikaners te verskaf nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×