Herman Mashaba, president van ActionSA, is lank reeds van mening die doodstraf is noodsaaklik om misdaad in Suid-Afrika hok te slaan.
Die ActionSA- senaat het egter gister te kenne gegee dat die herinstelling van die doodstraf nié deel van sy partybeleid sal vorm nie.
IOL het vroeër berig Mashaba glo die doodstraf moet geweldsmisdadigers opgelê word wat hulle onder meer aan moord, verkragting en dwelmhandel skuldig maak.