ActionSA sê hy het ‘n span kundiges saamgestel wat hom in die Nasionale Vergadering sal verteenwoordig. Meer as 630 000 stemme is in die verkiesing op die party gevestig.
Dit besorg aan ActionSA ses setels in die parlement. Die party sê hy is verbind tot die verbetering van gemeenskapsontwikkeling, gesondheidsorg, bestuurstrukture, die land se finansiële stand, en ekonomiese ontwikkeling.