ActionSA het ‘n stelsel bekendgestel om die prestasie van die regering van nasionale eenheid te monitor.

Die stelsel sal in ware tyd opgedateer word, sodat landsburgers kan sien waar die regering slaag en misluk.

ActionSA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont, het Dinsdag tydens die party se eerste parlementêre media-inligtingsessie gepraat.

Beaumont sê sommige leiers werk saam om korrupsie weg te steek om te verseker dat die regering van nasionale eenheid slaag.

Hy sê ActionSA bly daartoe verbind om te verseker dat die regering tot verantwoording gehou word.

LUISTER HIER:

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×