ActionSA het het hom van die Veelparty-handves onttrek. Michael Beaumont, tussentydse nasionale voorsitter, sê ActionSA weier om die stemme wat hy as Handves-
lid verwerf het, oor te gee aan die einste party waarteen hy werk.
Die Handves is verlede jaar op die been gebring, toe die DA, ActionSA, en ander politieke partye, ‘n ooreenkoms onderteken het om ‘n alliansie te vorm, indien daar ‘n koalisie tussen die ANC en die EFF sou vorm. ActionSA sien dit as reuse vertrouensbreuk, dat sommige opposisiepartye nou beplan om ‘n koalisie met die ANC te vorm.