ActionSA veroordeel die minister van Justisie, Thembi Simelane, se geskeduleerde reis na Rusland vir die Brics-ministersvergadering wat hierdie week plaasvind.
Simelane sal na verwagting die land Woensdag by die komende Brics-ministersvergadering in Moskou verteenwoordig. Die party sê Simelane staar tans ernstige aantygings van korrupsie in die gesig en sy behoort nie in enige amptelike hoedanigheid te reis totdat ondersoeke afgehandel is nie.
Simelane het na bewering ‘n lening van 575-duisend rand ontvang van ‘n maatskappy wat verdink word van oortreding in die VBS-plundersage. Die party beweer hulle is tans besig met die kantoor van die Openbare Beskermer oor die versoek vir ‘n dringende onafhanklike ondersoek na hierdie aangeleentheid.
ActionSA se Athol Trollip vra dat minister Simelane geskors word hangende voortgesette ondersoeke.