ActionSA veroordeel ten sterkste planne van die Suid-Afrikaanse regering om deel te neem aan ‘n gesamentlike militêre oefening tussen Rusland en China. Die oefening word aan die KwaZulu-Natalse kus beplan waar Rusland se berugte hipersoniese Zircon-missiel onder andere getoets gaan word.  Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê Suid-Afrika kan eenvoudig nie bekostig om by ‘n nuwe koue oorlog tussen die Weste en die Ooste betrokke te raak nie.  Dít in ‘n tyd wanneer die land se eie kaartehuis inmekaar val, met die land wat ‘n aantal binnelandse krisisse in die gesig staar, soos die kragkrisis, toenemende lewenskoste en mislukte munisipaliteite

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×