Adam Young het oornag bekendheid verwerf, nadat hy midde die voortslepende konflik in Soedan, sy lewe gewaag het om sy gesin se twee honde te red.

Bly ingeskakel op Rosestad 100.6FM wanneer Michiel Combrinck om twaalf dertig vandag met Adam en sy vrou, Ilse, gesels.

Dit is ‘n storie van nagmerries, wonderwerke en hoop.

Die Young’s, wat van Port Elizabeth is, moes uit die beleërde land vlug, maar mense het voorrang bo diere gekry met die grootskaalse ontruiming.

Die bloedige konflik het middel April tussen die weermag en ‘n paramilitêre groep in Soedan uitgebreek.

Volgens die land se owerhede is daar teen die begin van Mei reeds meer as 500 mense dood, en amper 5 000 mense is beseer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×