Adjunk-pres Paul Mashatile glo die waterkrisis kan nog gered word alhoewel daar reeds kritieke waterprobleme in baie dele van die land is. Mashatile het Dinsdag by die Universiteit van Johannesburg tydens ‘n lesing oor 30-jaar van demokrasie gepraat.

Mashatile, wat onlangs aangewys is om ‘n taakspan te lei wat waterprobleme in die land moet pak, het gesê verouderde waterinfrastruktuur moet dringend aandag kry.

Netwerk 24 berig ‘n tegniese span sal die politieke span bystaan om ‘n ingrypingsplan op te stel. Die taakspan sal vanaand vir die eerste keer vergader en Vrydag die eerste metro, eThekwini, in KwaZulu-Natal besoek. Mashatile het gesê daar sal na talle organisasies uitgereik word om blywende oplossings te kry. Van die organisasies sluit Solidariteit, Afriforum en AgriSA in.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×