Adj pres Paul Mashatile sê die regering sal sy finansierings-model vir plaaslike regering moet hersien omdat munisipaliteite sukkel om inkomste te genereer. Volgens Mashatile was die aanname dat munisipaliteite hul eie inkomste genereer met die nasionale regering wat dit aanvul.
Netwerk 24 berig hy het gesê die werklikheid is dat munisipaliteite nie ‘n inkomste basis het nie. Mashatile het tydens ‘n dialoog tussen die regering en die Nasionale Besigheidsinisiatief in Sandton, gesê om sukses in die land te behaal, moet daar samewerking tussen die openbare sektor en die private sektor wees. Die minister van Cogta, Thembi Nkadimeng, het gesê plaaslike regerings ontvang slegs 9% van die fiskus.