Die Departement van Toerisme hou Vrydag ’n gradeplegtigheid in Bloemfontein om 20 Vrystaatse sjefs te vereer wat die Erkenning van Vorige Leer (EVL)-program suksesvol voltooi het.

’n Kennisgewing van die regering dui aan dat die Adjunkminister van Toerisme, Maggie Sotyu die seremonie gaan lei.

Dit val glo saam met Menseregte-maand.

Central News berig dat hulle ’n NRK-vlak 5-ambagskwalifikasie ontvang, wat hul vaardighede en ervaring in die toerismesektor erken.

Die EVL-program vorm deel van die Toerismesektor se Menslike Hulpbronstrategie en gee formele erkenning aan sjefs sonder kwalifikasies.

Dit help met loopbaangroei en verbeter werksgeleenthede.

Die departement beoog om die program landwyd uit te brei om die kulinêre industrie te versterk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×