Die adjunkminister van Water en Sanitasie, Sello Seitlholo, het belowe om te verseker dat besoedelaars van varswaterbronne verantwoordelik gehou word vir hul oortredings.

Die adjunkminister het Donderdag die Teenbesoedelingsforum in Vanderbijlpark in Gauteng van stapel gestuur.

Die forum sal ondersoek instel en aanbevelings maak oor kort-, medium- en langtermyn aksies om enige sistematiese aksies in die verbetering van die waterkwaliteitstatus in die Vaal te verhoog en te bewerkstellig. Seitlholo sê die forum is net nie vir vertoon nie, maar sal ‘n deurslaggewende rol speel in die Vaalrivier se bestuur en voorkoming van besoedeling.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×