Die adjunkminister van Finansies, David Masondo, het aangekondig dat die departement hervormings sal afdwing om besigheidskoste te verminder en beleggers te lok.
Masondo het parlementslede Woensdag tydens ‘n vraag-en-antwoordsessie toegespreek. Masondo sê die departement beplan om energie-, vraglogistiek- en telekommunikasiebesigheidskoste te verlaag.
Hy het ook die hervorming van die energiemark beklemtoon deur belastingverlagings vir beleggings in hernubare energie in te stel om meer beleggers te lok. Hy sê verder hulle werk daaraan om visumvereistes te verlig om kritieke vaardighede wat in die land nodig is, te lok.