Die woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, het gister bevestig dat daar ʼn ondersoek aan die gang is deur die etiekkomitee teen die adjunkminister van Gesondheid, dokter Sibongiseni Dhlomo. Dit hou verband met bewerings dat ʼn manlike personeellid van die parlement die adjunkminister glo van seksuele aanranding by sy ampswoning in Kaapstad beskuldig het. Die adjunkminister het aangedui dat hy die bewerings ernstig opneem en dat hy sal toelaat dat die ondersoekproses sy gang gaan sonder openbare verklarings oor die aangeleentheid.