Adjunkpresident David Mabuza het onderneem dat dienslewering in die Maluti-A-Phofung munisipaliteit opgelos sal word

Adjunkpresident David Mabuza het onderneem dat probleme met water en elektrisiteit in die Maluti-A-Phofung munisipaliteit in Qwaqwa in die Vrystaat opgelos sal word.

Luidens berigte het Mabuza die gebied vir die tweede keer vanjaar besoek.

Tydens sy vorige besoek einde Maart het hy ook met rolspelers vergader.

Sy jongste besoek volg ná die Nasionale Raad van Provinsies en die Nasionale Vergadering se verbintenis om kwessies van basiese dienslewering op te los.

Volgens Mabuza is ‘n ooreenkoms met Eskom bereik om die verspreiding van elektrisiteit in die munisipaliteit oor te neem.

Luister na potgooie hieronder