Die adjunkpresident, David Mabuza, het gistermiddag aan die Parlement gesê dat beurtkrag ‘n groot probleem bly, maar dat om Eskom te privatiseer nie ‘n opsie is nie. Hy het vrae in die Nasionale Raad van Provinsies beantwoord. Hy sê die Nasionale Energiekrisiskomitee wat deur die president saamgestel is, sal fokus op vyf ingrypings wat die vermindering van die erns en frekwensie van beurtkrag insluit. Hulle wil dit doen deur maatreëls in te stel om die energiestelsel te stabiliseer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×