Adjunkregter Raymond Zondo sê hy gaan weer ‘n lasbrief aan oudpresident Jacob Zuma uitreik om voor die kommissie te verskyn

Adjunkregter Raymond Zondo sê hy gaan weer ‘n lasbrief aan oudpresident Jacob Zuma uitreik om voor die kommissie te verskyn.
Zondo, die voorsitter van die kommissie, sê hy gaan ook die Grondwethof nader om Zuma te dwing om vrae te beantwoord.
Zondo sê hy sal vasstel watter datums geskik is en die lasbrief sal vir daardie betrokke dae uitgereik word.
Die regter het by die begin van die dag se verrigtinge bekendgemaak dat Zuma strafregtelik aangekla gaan word, omdat hy en sy regspan sonder toestemming hulle aan die kommissie onttrek het. Zuma, wat voor die kommissie moet getuig, se optrede is ingevolge wetgewing ‘n strafregtelike
oortreding.

Luister na potgooie hieronder