Adverteer op Rosestad
Vul die onderstaande vorm om te adverteer of kliek op die knoppie hier bo vir meer inligting.
.
Rosestad Produkte:
Generiese Advertensies
- Vooraf opgeneemde advertensieflits wat tydens geskeduleerde tye uitgesaai word.
- Tydsduur van 30 sekondes
- Hierdie produk is tradisioneel vir Handelsmerk Bewusmaking en Instandhouding,
wat “sigbaarheid” van u besigheid bevorder en luisteraars laat kennis neem van die aard en produkte wat die besigheid bied.
Inlees advertensies
- Inligting word deur die omroeper volgens ‘n skedule ingelees en uitgesaai.
- Tydsduur van 30 sekondes.
- Die produk fokus op besighede wat gereeld (weekliks) flitse wil laat verander na gelang van behoeftes soos spesiale aanbiedings (soos slaghuise, motorhandelaars ens)
Inbel advertensies
- Die kliënt word telefonies vanuit die ateljee geskakel om direk te adverteer.
- Tydsduur van 30 sekondes.
- Die besigheid praat direk met die luisteraar oor die besigheid en/of aanbiedinge.
Onderhoude
- Die kliënt gesels vir ‘n langer tydsduur met die luisteraar vanuit die ateljee.
- Tydsduur van 5 minute.
- Dit produk is om meer breedvoerig oor produkte en/of dienste uit te brei.
- Onderhoude is ideaal om die luisteraar bekend te stel aan die besigheid (Handelsmerk Bekendstelling) en saam Generiese Advertensies, die gehoor bewus te hou van die besigheid (Handelsmerk Instandhouding)
- So leer die luisteraar die besigheid en die mens beter ken (persoonlike aanslag), vrae wat gewoonlik beantwoord word is; wie is ons, waar is ons, wat is ons besigheid, wanneer is ons beskikbaar en wat maak die besigheid uitstaan.
Borgskappe
- ‘n Program en/of insetsel kan deur ‘n besigheid geborg word.
- Totale tydsduur ongeveer 50 sekondes.
- Voordele van ‘n Borgskap is dat die tydgleuf gewy word aan net een besigheid (geen ander advertensies/besighede nie). Dit fokus op ‘n spesifieke program/insetsel soos Nuus, Sport, Weer, ens. Die Borgskap bestaan uit drie elemente: Vooraf aankondiging (bv. “….hierdie nuus word moontlikgemaak deur….”), ‘n Generiese advertensie (sien Generiese Advertensies hierbo) en ‘n terug aankondiging na die program/insetsel (bv. …….”hierdie nuus is moontlik gemaak deur…..”)
Kompetisies
- Die kliënt bied ‘n kompetisie aan wat gekoppel is aan ‘n prys, waardeur die luisteraar deelneem deur ‘n antwoord in te SMS na die ateljee.
- Tydsduur 5 minute.
- Ook ‘n ideale wyse om die besigheid bekend te stel by die luisteraars.
- Die kliënt ontvang data van deelnemers en wenners van die kompetisie vir deursigtigheid.
Buite-uitsending
- Radio Rosestad saai regstreeks uit vanaf u besigheid – gewoonlik ‘n 3 uur uitsending – veral op spesiale dae of promosies wat gewoonlik heelwat voete na die besigheid lok.
- Deurlopende blootstelling vir die onderneming gedurende die 3 ure.
- Blootstelling van die Buite-uitsending voorgeloop met 5 dae se lugtyd.
Daar is ook verskeie pakkette beskikbaar om enige besigheid se begroting te pas, maar maak ‘n afspraak om ‘n sakpas pakket wat spesifiek op u mark gemik is saam te stel.
NEEM KENNIS
Geen kommersiële advertensies word uitgesaai op Sondae en Christelike-dae (soos Goeie Vrydag, Hemelvaart, Geloftedag, en/of Kersdag) nie.
Om jou sakpas effektiewe elektroniesemedia advertensiepakket saam te stel kontak die stasie en ‘n bemarker sal jou help.
verkope@rosestad.co.za
johleen@rosestad.co.za
051 412 6401
083 264 0270