Die artikel 194-komitee, wat die geskorste Openbare Beskermer, advokaat Busisiwe Mkhwebane, se bekwaamheid moes ondersoek, het bevind sy was

onbevoeg terwyl sy dié amp beklee het. Beweerde wangedrag in haar ondersoeke na die Reserwebank, die Vrede-suiwelprojek en die CR17-skenking, is sommige van die voorbeelde wat uitgelig word om haar beweerde onbevoegdheid te staaf.

Luidens die komitee se voorlopige verslag het sy haar glo ook skuldig gemaak aan die viktimisering van sommige werknemers in die kantoor van die Openbare Beskermer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×