Advokaat Dali Mpofu is deur die Regspraktykraad van enige oortreding vrygespreek.

Die oortreding hou verband met sy uitlatings terwyl hy meer as ’n jaar gelede voor die Zondo-kommissie van ondersoek na bewerings van staatskaping verskyn het.

Die raad het Mpofu verlede maand voor ‘n dissiplinêre verhoor gedaag op ‘n aanklag van onprofessionele gedrag.

Die klagtes teen hom is nou egter van die hand gewys.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×