Regter Nkosinathi Chili het beslis dat adv Billy Downer SC, die staatsaanklaer nie hoef te onttrek aan oudpres Jacob Zuma se korrupsiesaak nie. Zuma en die Franse wapenhandelaar, Thales, staan in die hooggeregshof in Pietermaritzburg tereg op 16 aanklagte van korrupsie, bedrog, geldwassery en rampokkery.
Die saak hou verband met die eertydse wapenskandaal wat al byna twee dekades sloer. Netwerk 24 berig adv Dali Mpofu, vir Zuma, het in die hof gevra dat die saak onbepaald uitgestel word. Chili, wat dadelik vanoggend met die aanvang van die hofverrigtinge uitspraak gelewer het, het die korrupsieverhoor tot die week van 10 tot 17 Mei uitgestel.