Met haar ampstermyn van sewe jaar wat vandag begin, is Kholeka Gcaleka, nou amptelik die land se nuwe Openbare Beskermer.

Gcaleka, die voormalige adjunk-openbare beskermer, doen sedert Junie verlede jaar diens as waarnemende openbare beskermer.

Luidens ‘n verklaring deur die presidensie, wens president Cyril Ramaphosa advokaat Gcaleka alle sterkte vir haar ampstermyn toe, en vertrou
hy dat sy die land met eer en toewyding sal dien.

Ramaphosa is nie ‘n keuse gelaat om haar aan te stel nie. Gcaleka se benoeming is in die Nasionale Vergadering geldig gemaak met slegs vier meer stemme as wat volgens regulasie vereis word om dit te bekragtig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×