Voormalige president Jacob Zuma veg steeds om die staatsaanklaer, Advokaat Billy Downer, van die wapentransaksie-korrupsiesaak te verwyder.
Zuma se regsverteenwoordiger, advokaat Dali Mpofu, het aangevoer dat sy kliënt veg vir ‘n regverdige verhoor.
Dit kom omdat Zuma antwoorde wil hê nadat sy tweede aansoek om die aanklaer Billy Downer te verwyder van die wapentransaksie-korrupsiesaak van die hand gewys is. Zuma het Donderdag in die hof verskyn vir ‘n voorverhoor en staan tereg op aanklagte van korrupsie, bedrog en rampokkery.
Mpofu dring daarop aan dat Zuma nie probeer om van Downer ontslae te raak nie, maar om te verseker dat die verhoor regverdig is.
Hy sê egter die verhoor kan net sonder Downer voortgaan.