Afasa –Die African Farmers’ Association of South Africa – het na wat berig word gesê die beperkings op die vervoer van beeste benadeel sy lede. ‘n Verbod van 21 dae op die vervoer van alle beeste is ingestel, in ‘n poging om die verspreiding van bek-en-klouseer te verhoed. Gevalle van bek-en-klouseer is vroeër die Vrystaat Limpopo, Gauteng, Mpumalanga, Noordwes. Die voorsitter van Afasa in Limpopo,Tshwarelo Masutha sê die regering moet boere bystaan wat deur die verbod geraak word. Die provinsie se departement van Landbou het intussen sy maatreëls verskerp om te verseker dat mense ag slaan op die verbod. Dit sluit in padblokkades om mense vas te trek wat die verbod verontagsaam en steeds beeste vervoer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×