Meer as 100 buitelandse afgevaardigdes – insluitend staatshoofde en koninklikes – kom Vrydag in Rome aan vir Saterdag se begrafnis van Pous Franciskus.
SABC-nuus berig streng veiligheidsmaatreëls geld.
Soldate en toerusting om hommeltuie op te spoor en skerpskutters op dakke, sal hul plek in die Vatikaan inneem.
Dit is Vrydag die laaste dag dat roubeklaers by die pous se kis sal kan verby loop. Die kis sal omstreeks sewe-uur Vrydagaand tydens ‘n seremonie deur senior Rooms Katolieke geseël word.
1 Comment
Comments are closed.