Die Ters-werknemer-verligtingvoordele gaan blykbaar vir eers verligting bring vir SA Poskantoorwerkers, of Sapo, wat aan vakbonde behoort en afgelê sou word. Cosatu het vandag aan Netwerk 24 gesê ‘n ooreenkoms is met die sakereddingspraktisyns van Sapo bereik om die aflegging van duisende poskantoorwerkers te verhoed. ‘n Woordvoerder van die sakereddingspraktisyns van Sapo het by navraag gesê dit is slegs werkers wat deel is van die bedingingseenheid wat moontlik verligting van Ters sal kan ontvang. Dit sluit nie die totale 4-duisend-700 werkers in wat onlangs afleggingsbriewe ontvang het wat hierdeur bevoordeel kan word nie. Volgens die woordvoerder is Cosatu se feite nie heeltemal korrek nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×