Afleggingsproses by die SAUK word uitgestel met ‘n verdere 30 dae

Die SAUK se nuwe struktuur by die openbare uitsaaier kan verander namate hy verder met vakbonde en personeel in gesprek tree.
Volgens bestuur was die afleggingsproses regverdig en ontken hulle verder dat die verlenging van die opskorting van die proses ‘n erkenning was dat hy sover verkeerd opgetree het.
Die aflegging van 400 vaste werknemers is gister deur die raad met ‘n verdere 30 dae uitgestel tot einde Desember.
Ian Plaatjes, die beddryfshoof van die SAUK, sê die doel van die uitstel is om personeel en vakbonde verder te raadpleeg oor die herstruktureringsproses.
Hy sê die Artikel 189-kennisgewings wat aan personeellede uitgereik is, bly steeds geldig en sal slegs teruggetrek word indien die betrokke persoon se pos nie meer oortollig is nie.

Luister na potgooie hieronder