Andre’ de Ruyter, grootbaas van Eskom het vroeër die week ‘n afluister-toestel in sy motor gevind.  Volgens kenners is die toestel hoogs-gesofistikeerd en kan ook jou ligging bepaal.  Netwerk24 berig dit kom nadat van ‘n verneemde saboteur daarin geslaag het om die hele Camden kragstasie se krag af te sit. Die ontdekking kom te midde van hernude druk op President Ramaphosa om van de Ruyter ontslae te raak. De Ruyter het op sy beurt gesê hy wonder wat die motief is en het intussen sy veiligheid opgeskerp.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×