Afriforum gaan hulle gewig ingooi by die saak teen drie boere van Verkeerdevlei wat Maandagoggend in hegtenis geneem is. Die burgerregte organisasie het ‘n regsverteenwoordiger aangestel om die saak te volg. Rosestad het vroeër berig dat 30 gewapende polisiebeamptes, waaronder die Valke, in verskeie polisievoertuie die twee susters, Janné en Lize-Marie Smith, se plaas bestorm het en hulle opgesluit het. Die drie boere wat deur veediefstalle geteister word, wou vermeende veediewe aankeer en ‘n skoot is afgeskiet. Een van die vermeende diewe het gevlug en ‘n saak by die polisie op Verkeerdevlei geopen. Afriforum sê in ‘n verklaring die oorweldigende geweld om twee vroue vas te trek, is verdag. Die drie boere is gister in die hof op Brandfort op borgtog van R2000 elke vrygelaat.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×