AfriForum sê volgehoue druk op die Vrystaatse kantoor van die departement water en sanitasie, het gelei tot sukses met ‘n omstrede watergebruiklisensie-oordrag. Die burgerregteorganisasie het ’n hersieningsaansoek gebring, nadat die departement geweier het om ‘n watergebruikslisensie van ’n swart boer na ’n wit boer oor te dra.
Dit aangesien die ontvanger skynbaar nie aan sekere rasgebaseerde kriteria voldoen nie. Marais de Vaal, AfriForum-raadgewer vir omgewingsake, sê die departement se eng toepassing van rasgebaseerde transformasieteikens is irrasioneel en onwettig.