Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor het African Bank ‘n boete van R700-duisend opgelê vir misleidende advertensies.
Die owerheid het bevind dat die advertensie feitelik verkeerde stellings oor die gebruik van persoonlike lenings bevat.
Die advertensie was deel van die bank se KeFestive sosiale media-veldtog in Desember 2023.
Die veldtog het verbruikers aangemoedig om persoonlike lenings aan te gaan, wat impliseer dat die krediet ‘n belegging is.
Die owerheid het beslis dat African Bank homself nie op ‘n manier gedra het wat kliënte regverdig behandel het nie.