AfriForum beskou die DWS as onwillig en onbekwaam

AfriForum het sy bekommernis uitgespreek oor die voortslepende water- en sanitasieprobleme waaronder die land tans gebuk gaan, asook die traagheid by die departement van water en sanitasie, oftewel DWS, om plaaslike oplossings hiervoor te vind.

Lambert de Klerk, bestuurder van omgewingsake by AfriForum, het aan Maroela Media gesê dat hulle onlangs omvattende voorstelle vir oorweging aan minister Lindiwe Sisule gestuur het.

Alhoewel Afriforum van mening is dat die voorstelle werkbaar is, is daar slegs stilte van die DWS se kant af.

AfriForum se 155 takke landswyd staan gereed om te help werk aan plaaslike oplossings vir plaaslike probleme in die verskillende munisipaliteite.

Die kundigheid van Kubaanse ingenieurs wat Sisule ten duurste vanuit Kuba invoer, is in eie geledere beskikbaar.

Luister na potgooie hieronder