Die burgerregteorganisasie AfriForum se jaarlikse vullisterreinoudit se verslae vir KwaZulu-Natal en die Wes- en Noord-Kaap is hierdie week bekendgemaak.

Met dié oudit besoek AfriForum 161 vullisterreine landswyd.

Die Wes-Kaap het die beste uit die drie provinsies gevaar met 14 uit die 25 terreine wat aan die nasionale standaarde voldoen.

In KwaZulu-Natal voldoen slegs een terrein aan die standaarde en in die Noord-Kaap voldoen geen van die terreine aan die nasionale standaarde nie.

AfriForum sê wanbestuur en amptenare wat dit nie as noodsaaklik beskou om instandhouding te doen nie, is van die redes wat aangevoer word vir die vullisterreine se swak toestande.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×