AfriForum Buurtwagte het die gees van gee en omgee hierdie feestyd na die suidelike voorstede van Bloemfontein gebring. Tydens hierdie spesiale inisiatief het hulle kinders met vreugde en lekkernye bederf.
Volgens AfriForum is hierdie projek meer as net ‘n tradisie, dit is ‘n bewys van hul toewyding tot beide gemeenskapsveiligheid en -versorging.
Met ʼn konvooi voertuie het AfriForum 911 Reaksie-Eenheid asook AfriForum Brandweer/Fire Ops SA en Buurtspan saam met verskeie buurtwagte strate met Kersliedere en liggies gevul, en Kersvader het selfs ook kom inloer.
Volgens AfriForum Bloemfontein se Distrikskoördineerder, Christo Groenewald, is hierdie projek ‘n herinnering dat klein dade van goedheid die grootste verskil kan maak.