Die burgerregteorganisasie AfriForum sê in ‘n verklaring hulle het dit aan die ANC duidelik gemaak het dat hulle regstappe sal neem om private eienomsreg in Suid-Afrika te beskerm.
Dit is ingeval president Cyril Ramaphosa die Onteieningswetsontwerp onderteken of die ANC probeer om die Grondwet te wysig.
Dit kom nadat die ANC vroeër die week aangedui het dat die party voorgestelde wysigings aan die Grondwet ter tafel sal lê om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.
Die hoof van Openbare Betrekkinge by AfriForum, Ernst van Zyl, sê enige voorgestelde wysigings aan die Grondwet wat onteiening sonder vergoeding en dus die vernietiging van private eiendomsreg moontlik maak, moet met hand en tand teengestaan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×