Die burgerregte organisasie, Afriforum, het versoek dat die reuse verhoogde salarispakket van die Mangaung metro se stadsbestuurder hersien en teruggetrek word. Sello More se pakket is tydens ‘n stadsraadsvergadering tot R2,4 miljoen per jaar verhoog. More, wat nog nie eens ses maande in die pos is nie, se verhoging sal terugwerkend tot November 2023 wees.

Die verhoging kom te midde van die metro wat onder administrasie geplaas is en bankrot is. Jaco Grobbelaar, Afriforum se hoof vir die sentraalstreek, het aan Maroela Media gesê  korrupte amptenare is besig om hulself te verryk in ‘n metro waar mense sonder lopende water is, vullisverwydering nie daagliks plaasvind nie of slaggate herstel word nie. Grobbelaar het gesê Afriforum oorweeg selfs regstappe om die besluit teen te staan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×