Afriforum eis in ‘n regsbrief dat die Gautengse wetgewer se portejeuljekomitee oor gesondheid dadelik die openbare verhore oor die wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering, of NGV, staak. Dit volg nadat dit onder die organisasie se aandag gekom het dat die openbare verhore plaasvind sonder dat die tye of datums daarvan voldonde geadverteer is. Afriforum het volgens Maroela Media ‘n mondelinge voorlegging voorberei en gewag dat daar kennis gegee word van die besonderhede rakende die verhore. Twee openbare verhore is slegs vir Gauteng geskeduleer terwyl daar sewe openbare verhore in die Wes-Kaap plaasvind. Afriforum eis dat die verhore geherskeduleer word nadat dit behoorlik geadverteer is. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×