AfriForum eis die afdanking van die Minister van Polisie, Bheki Cele

AfriForum het in ‘n brief aan die president die afdanking van die Minister van Polisie, Bheki Cele geëis.

Volgens dié burgerregteorganisasie het Cele herhaaldelik deur sy handelinge, nalatigheid en uitlatings bewys dat hy nie geskik is vir die pos nie.

Afriforum sê verder dat Cele se boeliehouding wanneer hy by polisie-operasies betrokke raak, lei tot gewelddadige optrede deur polisielede.

Luister na potgooie hieronder