Die burgerregteorganisasie AfriForum en die openbaredeelnameplatform DearSA het met regstappe begin teen die regering se voorgestelde gesondheidsregulasies. Die twee organisasies het gister hul dringende regsaansoek by die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ingedien. Die organisasies meen dat die COVID-19-regulasies permanent in die wet verskans word en beteken dat die regering dus die permanente dra van maskers en beperkings op byeenkomste kan afdwing. AfriForum sê in ʼn verklaring dit is ook kommerwekkend dat die regulasies wat in die Staatskoerant gepubliseer is, nie dieselfde regulasies is wat vir openbare kommentaar gepubliseer is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×