Afriforum en die doktersgroep, “I can make a difference” vra die Minister van gesondheid om Ivermektien te bevorder

Afriforum en die doktersgroep, I can make a difference, het gister ‘n brief aan die waarnemende minister van gesondheid, gerig waarin sy versoek word om die nuwe inligting rakende die behandeling van Covid 19 met die middel Ivermektien in ag te neem.   Maroela media berig dat minister Kubayi-Ngubane versoek word om die gebruik van die middel in die geveg teen Covid-19 te bevorder en aan te beveel.  Volgens Dr. Naseeba Kathrada van “I can make a difference” toon die nuutste inligting dat 6 uit 10 lewens gered kan word deur die gebruik van Ivermektien.  Barend Uys van Afriforum meen die risiko-voordeel ontleding vir die gebruik van Ivermektien is duidelik en dat die middel sterftes met gemiddeld 62% kan verminder. Die organisasies vra dat die Minister ‘n besluit vermy wat mense leed kan aandoen en dat daar geen rede is om die gebruik van die middel te verhoed nie.

 

Luister na potgooie hieronder