*** Afriforum en die EFF sal vandag in die appéhof mekaar die stryd aansê oor die sing van die omstrede struggle-lied “Kill the Boer. Die saak word aangehoor nadat Afriforum ‘n appélaansoek ingedien het teen ‘n uitspraak van die gelykheidshof in Johannesburg gedurende Augustus 2022 dat die lied nie op haatspraak neerkom nie. Regter Edwin Molahlehi het destyds die EFF gelyk gegee dat die lied nie letterlik opgeneem moet word nie. Dit moet beskou word binne die politieke konteks waarin dit gebruik word. ‘n Hernude twis oor die liedjie het ontstaan nadat Julius Malema die lied tydens die EFF se tiende verjaarsdagvieringe in Julie in Soweto gesing het.