AfriForum en die Seleka Barolong-tradisionele gemeenskap in die Vrystaat het die historiese bande tussen die Seleka Barolong- en Afrikaner-kultuurgemeenskappe laat herleef. Dít deur ’n wedersydse erkenning- en samewerkingsverdrag in Thaba ’Nchu, die hoofstad van die Seleka Barolong, te onderteken. Goeie betrekkinge tussen die Afrikaner en Seleka Barolong het reeds in die 1830’s begin. Die hoof van Interkulturele Verhoudings en Samewerking by AfriForum, Barend Uys, sê AfriForum het die Seleka Barolong-gemeenskap ook die afgelope drie jaar by verskeie geleenthede ondersteun, onder meer met ’n hofsaak en ’n landbouontwikkelingsprojek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×