Die koninklike leiersorganisasie Royal Leaders of South Africa (ROLESA) en AfriForum het die week ’n erkennings- en samewerkingsooreenkoms in Centurion onderteken.

Die organisasies het ooreengekom om hul samewerking te fokus op gemeenskapselfbestuur en -selfstandigheid om landelike kultuurgemeenskappe te beskerm en om hul deelname in besluitneming te bevorder en te verseker dat hulle voordeel trek uit die ontwikkeling van hul grond.

Een spesifieke fokusarea van die samewerkingsooreenkoms is om te verseker dat die titelaktes van grond, wat tans namens koninklike gemeenskappe in staatsvoogdyskap gehou word, aan die onderskeie gemeenskappe oorgedra word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×